OPPI-PLAAS FEES
14-15 Junie 2025
'n Dag van Plaaslewe, Pret en Vermaak!
Die Oppi-Plaas Fees is nie net nog ‘n fees nie – dit is ‘n viering van die plaaslewe, kultuur en gemeenskap in Afrikaans! Met iets vir oud en jonk, bied ons fees ‘n unieke kans om uit die stad te ontsnap en die ware gees van die platteland te ervaar. Dit is ‘n dag vol pret, opwindende aktiwiteite, musiek, lekker kos, en vermaak vir die hele gesin.
Van musiekvertonings deur top Afrikaanse kunstenaars, tot plaasmarkte, boeresport, en ‘n verskeidenheid kos- en craft stalletjies – daar is iets vir elkeen by die Oppi-Plaas Fees. Bring jou kinders vir ‘n dag vol pret by ons kinderspeelarea, geniet ‘n rit op die perde, of ontspan by ons VIP-area met eksklusiewe toegang en spesiale voordele.
Maak reg vir die Oppi-Plaas Fees in Dullstroom 2025!
Die Oppi-Plaas Fees vind plaas op 14-15 Junie, en dit gaan ‘n naweek wees wat jy glad nie wil mis nie! Twee dae van pure Afrikaanse gees, waar familie en vriende saam kuier, sing, en dans soos net ons kan.
Aktiwiteite
14 Junie 2025
Kom sluit by ons aan op 14 Junie 2025 vir ’n aksiebelaaide dag propvol opwinding, waar ons kyk wie die grootste vis kan vang! Of jy ’n beginner of ’n pro is, almal is welkom.
14 Junie 2025
Sluit aan by ons driekamp waar jy kan deelneem as ’n span of individueel:
14 -15 Junie 2025
Kom kyk hoe talentvolle ruiters en hul pragtige perde die loopbaan aandurf, vinnig draai en vir die wenstreep jaag! Of jy nou ’n deelnemer of toeskouer is, hierdie adrenaliengevulde vertoning is een wat jy nie wil mis nie.
Kontak Melissa vir jou inskrywing: 072 443 5011
14 Junie 2025
Maak gereed vir ‘n epiese bergfiets avontuur by die Oppi Plaas Fees MTB Uitdaging in Dullstroom! Trap deur asemrowende landskappe, langs forelplase en digte woude, en geniet die feesatmosfeer met top Afrikaanse kunstenaars en ‘n naweek vol kuier en kultuur!
14 Junie 2025
Maak gereed vir ‘n trail run avontuur by die Oppi Plaas Fees in Dullstroom! Hardloop deur asemrowende landskappe, langs forelplase en digte woude, en geniet die feesatmosfeer met top Afrikaanse kunstenaars en ‘n naweek vol kuier en kultuur!
VADERSDAG SPITBRAAI
15 Junie 2025
Vier Vadersdag op die beste manier! Koop jou Oppi-Plaas Fees kaartjies aanlyn en moenie vergeet om ook jou spitbraai kaartjies vir Sondag te gryp nie. Dit gaan ‘n heerlike fees van kos en familie wees – perfek om jou pa te bederf!
Hoekom moet jy 'n kaartjie koop?
-
Plaaslewe Ontsnap:
Beleef die beste van die plattelandse lewe, reg op jou drumpel!
-
Top Musiekvertonings:
Geniet vertonings deur van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars.
-
Groot Familie-ervaring:
Aktiwiteite vir oud en jonk, wat die hele gesin saamtrek.
-
Unieke Ervarings:
Van boeresport en perde ritte tot smullekker kos en unieke handwerk by ons plaasmark.
-
VIP-ervaring:
Koop jou VIP-kaartjie vir eksklusiewe voordele, insluitend toegang tot die VIP-area en drank tokens.
-
Gemeenskapsfees:
Ondersteun plaaslike besighede en geniet 'n dag saam met vriende en familie.
Ons Borge